Elektroniese fondsoordrag

Elektroniese fondsoordrag (EFT) is die elektroniese oordrag van geld van een bankrekening na 'n ander, hetsy binne dieselfde finansiële instelling of tussen verskillende instellings, via rekenaargebaseerde stelsels, sonder die direkte tussenkoms van die bankpersoneel.

Volgens die Amerikaanse elektroniese fondsoordragwet van 1978 is dit "'n oordrag van fondse wat deur 'n elektroniese terminaal, telefoon, rekenaar (insluitend aanlyn bankdienste) of magnetiese band geïnisieer is met die doel om 'n finansiële instelling opdrag te gee of te magtig om 'n verbruiker se rekening te debiteer of te krediteer".[1]

EFT-transaksies staan onder 'n aantal name bekend in verskillende lande en verskillende betaalstelsels. In die Verenigde State kan daar byvoorbeeld na verwys word as "elektroniese tjeks" of "e-tjeks". In die Verenigde Koninkryk word die term "bankoordrag" en "bankbetaling" gebruik, terwyl "giro-oordrag" in verskeie ander Europese lande die algemene term is.

  1. "Electronic Fund Transfer Act" (PDF). www.federalreserve.gov. Federal Reserve Board. 1978. Besoek op 8 September 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy